Dit was vir my ‘n groot teleurstelling dat ek Vrydag teen 12-uur die lugskou moes vaarwel roep, maar ek het ongelukkig ‘n ander afspraat vir die naweek gehad. Dit was egter vir my ‘n wonderlike belewenis om die lekker gesinsvermaak wat die lugskou vir die Laevelders bied en verstaan nou hoekom die Laeveld Lugskou een van die top datums op die kalender van jaarlikse hoogtepunte is.

Dra asseblief my gelukwensinge aan Johan Heine en al julle ander staatmakers daar by Kishugu oor vir die puik reëlings. Dit was uitstekend en dit was so lekker om die gesinne te sien uitkamp daar langs die aanloopbaan. Was ook vir my aangenaam om weer my ou vriend van jare, Brian Emmenis, te kan raakloop.

Vriendelike groete

De Wet Potgieter
Redakteur
Laevelder/Lowvelder